R 5 700
Deposit: R 5 700

3 Bed Townhouse in Stellenbosch Central

3 3
Available From: 01 Dec 2024

ONLY ONE ROOM

STUDENTE-AKKOMMODASIE -Not NSFAS accredited

OP KAMPUS: AKKOMMODASIE VIR US-DAMESTUDENT 2025

’n Gemeubileerde enkelkamer is beskikbaar in ’n kothuisie vir ’n nie-rokende, senior US-damestudent by Kareestraat 28. Die kothuisie het drie enkelkamers met eie badkamers vir elk. Die ander twee kamers word gehuur deur twee Afrikaanse meisies. Op die erf is ook twee bachelors wat reeds aan damestudente verhuur is. Kareestraat 28 is geleë in ’n aangename, rustige, veilige woonbuurt teenaan die kampus. Dit is naby die Ingenieurs-geboue en binne maklike en veilige stapafstand van enige Fakulteit. Hierdie verblyfplek is lekker knus & privaat. Ideale studie-atmosfeer. Die drie meisies van die kothuis deel ’n oopplan kombuis-leefarea. Daar is ‘n klerewasmasjien en stofie vir hulle beskikbaar gestel deur die verhuurder. Die ander elektriese apparaat word gesamentlik deur die huurders voorsien. Die huur vir die kamer is R5 700 per maand. Internet-konneksie in elke kamer (Fibre)– 100 GB per maand ingesluit by huur. Uitstekende sekuriteit: sensors, strale, noodknop, elektriese omheining, veiligheidshekke en diefwerings. Geskakel met sekuriteitsdiens. Veiligheidswag in straat. Onderdak-ontspanningsareas buite: voor en agter. Parkeerplek teen die erf. Elektrisiteit per koopkragmeter. Deposito: een maand se huur, betaalbaar by die sluiting van die kontrak.

By hierdie akkommodasieplek geld 'n paar leefstylreëls. Dit is vervat in die kontrak.

Kontak eienaar: Tel [removed] / [removed]

Property details

  • Listing number RR4235491
  • Property type Townhouse

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 3
  • Dining Areas 1
  • Built In Cupboards
  • Furnished
  • Water Included

Photo gallery