R 14 500
Deposit: R 14 500

2 Bed Simplex in Sinoville

2 2 2
Available From: 01 Nov 2024

Alle persone bo 50 is welkom om te kom kyk en rustig te bly.....

Hierdie gerieflike huis in die ongelooflike Bergvallei Aftree Landgoed beskik oor die volgende :

Groot oopplan sit/eetkamer/kombuis met pragtige hout voordeur. Kombuis het baie ingeboude kaste en genoeg spasie vir elektriese apparate. Gas hob en elektriese oond vir die bedrewe kok!

Daar is twee ruim slaapkamers met addisionele ingeboude kaste asook twee badkamers, een met ''n bad, wasbak en toilet en die tweede een met ''n stort, wasbak en toilet.

Buite is ''n enkel motorhuis met ''n enkel motor afdak en groot onderdak, privaat patio vir ''n heerlike braai/kuier saam met familie en vriende....

Die woning is toegerus met ''n sonkrag-geiser en rugsteunbatterystelsel sodat jy altyd verseker is van warm water en elektrisiteit tydens beurtkrag.

Die landgoed het verskeie fasiliteite wat baie handig is soos byvoorbeeld die volgende:

''n Enorme biblioteek, haarsalon, gesellige koffiewinkel en restaurant, skoonheids salon, versorgings-eenheid, groot lokaal waar kerkdienste gehou word, 24 uur verpleeg personeel, pragtige tuine en wandelpaadjies, verskeie boksoorte en klein wild....

Moenie die bus verpas en hierdie wonderlike geleentheid misloop nie.

Skakel my vandag vir ''n besigtiging in hierdie unieke, veilige omgewing.

10x maaltye per maand = R600-00.

Water ingesluit.

Pre-paid elektrisiteit.

Fibre - R500 per maand.

Property details

  • Listing number RR4234897
  • Property type Simplex

Property features

  • Bedrooms 2
  • Bathrooms 2
  • Lounges 1
  • Dining Areas 1
  • Garages 1
  • Covered Parkings 2
  • Laundry
  • Patio
  • Pool
  • Security Post

Photo gallery

Video