2 Bed Flat in Queenswood
2.5-slaapkamer woonstel (88 vierkante meter) te huur in Queenswood
Beskikbaar 1 Januarie 2025
- Huur: R 6,500 per maand. ``n Deposito van R6,500 moet met eerste maand se huur betaal word (nie onderhandelbaar).
- Groot leefarea
- Aparte kombuis
- Hoof slaapkamer, groot genoeg vir dubbelbed, met ingeboude kaste
- Tweede slaapkamer met ingeboude kaste
- 1 badkamer met bad en stortkop, wasbak en toilet
- 1 aparte toilet
- 1 enkelmotorhuis (bykomende parkeerplek op die eiendom beskikbaar teen 'n maandelikse fooi).
- Voorafbetaalde elektrisiteit
- Die woonstel is nie gemeubileer nie.
- Verkieslik 'n maksimum van twee inwoners
- Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat nie.
- PROSEDURE: E-POS asseblief vir die eienaar Chris deur 'n web boodskap te stuur met inligting oor jourself. Betaalstrokies / bankstate sowel as bewys van indiensneming en afskrif van ID sal van potensiële huurders vereis word vir evaluering en goedkeuring.
- Meer oor die spasie: Hierdie 2.5-slaapkamer woonstel is geleë op die 6e vloer van Garrett Gardens, 'n goed versorgde en rustige blok woonstelle in Dormerlaan, Queenswood. Die sitkamer- en hoofslaapkamervensters is noordwaarts (d.w.s. heerlik sonnig veral in die winter) met uitsigte oor die Magaliesberge. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Muntstukwasmasjiene is beskikbaar.
Dit is naby alle geriewe geleë: binne stapafstand (1,5 km) na Queens Corner (Spar) en Queenswood Galleries (Checkers en Woolworths) winkelsentrums, skole (minder as 1 km vanaf Eduplex skool), gimnasiums (1,5 km na Planet Fitness) en openbare vervoer (1 km na Gautrein-bushalte).
- 6 km na Universiteit van Pretoria Hatfield en Mediese kampusse
- 4 km na Rietondale Park
Property details
- Listing number RR4268221
- Property type Flat
- Listing date 26 Nov 2024
- Floor size 88 m²
Property features
- Bedrooms 2
- Bathrooms 2
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Garage parking 1
- Access gate
- Fenced
- Pool
- Scenic view
- Intercom
- Electric fencing
- Water included