R 11 800
Deposit: R 11 800

3 Bed House in Lanseria and surrounds

3 3 2 575 m² 280 m²
Available Now

3-SLAAPKAMER GRASDAKHUIS NABY LANSERIA/MULDERSDRIFT EN CRADLE OF HUMANKIND TE HUUR

Grasdak dubbelverdiepinghuis te huur vir mense wat die rustige omgewing van die platteland naby die stad verkies. Dit is geleë in Zwartkop, naby Beyers Naude uitbr en die Cradle of Humankind, waar heelwat trou venues geleë is. Dit is slegs 10 minute vanaf Lanseria Lughawe, 20 minute vanaf Krugersdorp of Roodepoort en 40 minute vanaf Sandton, Randburg of Pretoria.

Die huurhuis is deel van ‘n landgoed waar ook konferensies aangebied word, maar is privaat met sy eie ingang .

Pragtige boomryke private tuin wat ideal is vir ouer mense, of mense wat by hotelle/venues in die omgewing werk, wat die stilte van die natuur en omgewing verkies.

Huur is R11 800-00 per maand (een maand se huur ekstra as deposito). Elektrisiteitsverbruik is vir huurder se eie rekening (meter word maandeliks gelees).

Die huis bestaan uit:

3 slaapkamers / 3 badkamers

Groot oopplan sitkamer/eetkamer/kombuis

Privaat tuin met grasperkie en groot bome.

Afdak parkering vir 2 voertuie.

Klein stoorkamer

Alarmstelsel, met beams buite.

Agter hoë mure met ‘n elektriese heining.

NOTA: Geen klein kindertjies nie as gevolg van konferensies wat op die landgoed aangebied word.

Verkieslik geen troeteldiere nie, maar kan met die eienaar bespreek word, indien huurder vanaf die huis werk. Fibre konneksie is beskikbaar indien persoon van die huis af werk.

Indien jy aan die kriteria voldoen en die stad vir die countryside wil verruil stuur asseblief meer inligting na die epos adres en dan kan die eienaar ook meer inligting verskaf. Skakel gerus om afspraak te maak om die huis te sien. Daar is ook 'n een tot twee-slaapkamer huis beskikbaar vir enkel persoon of twee mense.

Asseblief geen eiendomsagente nie, verhuring is direk van eienaars.

Property details

  • Listing number RR4162604
  • Property type House
  • Erf size 575 m²
  • Floor size 280 m²

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 3
  • Lounges 1
  • Dining Areas 1
  • Covered Parkings 2
  • Storeys 2
  • Access Gate
  • Alarm
  • Built In Cupboards
  • Fenced
  • Kitchen
  • Garden
  • Scullery
  • Electric Fencing
  • Family Tv Room
  • Borehole
  • Water Included

Photo gallery

>