11 168 ha Farm in Van Wyksvlei
Hier is nou 1 van die 3 beste skaapplase in die Carnarvon / Van Wyksvlei distrik.
Die goed ontwikkelde plaas beskik oor die mooiste opstal in die Bo Karoo!
Pragtige Kaaps/Hollandse styl woning met 4 slaapkamers, kombuis (AGA-stoof), spens, vleiswerkskamer, kantoor en woonvertrekke met groot stoep!
Watervoorsiening:
15 windpompe, 4 sonpompe en 1 boorgat met ''n enjin.
Die plaas is verdeel in 26 kampe + 4 kleiner kampies by die opstal.
Netjiese klipkrale en veehanteringsgeriewe met ''n laaibank. Die plaas is met jakkalsdraad omhein.
Die diere kan ekstra onderhandel word om dit ''n lopende saak te maak.
Die eienaar is vir BTW geregistreer.
Eskom: Solar
Boorgate: 20
Windpompe: 15
Damme: 11(1 x grond en 10 x sement)
Tenks:12
Suipings: 38
Weidings
Karoobos, gannas, boesmansgras en pioniers grasse
Die 1000 ha bergkamp is die plaas se spens met bos en struike wat uitloop in droe rivierlope wat ''n groot bonus is en die plaas uniek maak.
Hier boer jy met gemak 2000 skaap.
Ligte vliegtuig hanger met aanloopbaan.
Werkershuise en Store.
Reenval: 200 - 250 mm per jaar
Drakrag: 1:36 GVE of 1:6 KVE
Hier kan jy teruggaan in tyd met oopgestrekte topografie so wyd soos die Liewe Vader se genade.
Grootte 11123 ha
Prys - R17.8 miljoen
Property details
- Listing number T4790987
- Property type Farm
- Listing date 16 Sep 2024
- Land size 11 168 ha
Property features
- Bedrooms 4
- Bathrooms 1
- Lounges 1
- Dining areas 1
- Patio
- Study