R 3 500 000
calculate bond costs

104 ha Farm with House in Potchefstroom Central

3 3 104 ha 338 m²

Moderne familiehuis

Hierdie pragtige huis, met sy oopkap plafonne verwelkom jou!! Moderne afwerkings asook groot glas skuifdeure en vensters verseker n pragtige uitsig oor die Vaalrivier.

Die huis het 2 slaapkamers, met n loft wat gebruik kan word as n 3de slaapkamer of studeerkamer.

Die slaapkamers is heerlik ruim, die hoofslaapkamer het n en-suite badkamer, sowel as n groot oop instap kas.

Hierdie huis spog met oopplan leefareas, moderne kombuis met n gasstoof, aparte opwas en spens met hope pakplek. In die leefarea is ook n ingeboude familie braai asook n Union Billiards Snoekertafel.

Hierdie huis het n pragtige gevestigde tuin met besproeiing, dubbel motorhuis, n boma asook ''n visvang plek teen die Vaalrivier.

Die huis is ideaal vir iemand wat lief is vir die natuur, onthaal en privaatheid.

Ekstras sluit in:

2x gas geysers

Watertenk

Boorgat

Snoekertafel

Hierdie eiendom vorm deel van n Deelblok skema, wat verdeel word in 24 aandele. Hierdie eiendom vorm dus 1 deel uit van die 24 aandele. Dié rivierfront woning nou te koop!

Property details

  • Listing number T4412808
  • Property type Farm With House
  • Listing date 10 Nov 2023
  • Land size 104 ha
  • Floor size 338 m²
  • Levies R 833

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 3

Photo gallery