Farm in Cradock
Tender Sluit: 16 Oktober 2024
Tyd: 12:00
Inhandiging van Tenders: Coetzee en Venter, Cradock
Hierdie uitgestrekte Karooplaas van 4935 ha bied ''n uitstekende geleentheid vir veeboerdery of verdere ontwikkeling. Van die totale opppervlakte le 720 ha aangrensend aan die dorpgronde, wat apart verhuur kan word (of gesamentlik). Die plaas beskik oor 4,1 ha besproeiingsgrond, wat ideal is vir produktiewe landbou-aktiwiteite.
Die boorgat lewer 50 000 liter per uur vir verdere besproeiings- ontwikkeling.
Daar is vier plaas arbeidershuise beskikbaar.
Met vaste huurtermyn van 5 jaar en ''n 5 persent eskalasie, bied hierdie eiendom stabiliteit en ''n uitstekende opbrengs op belegging.
Op die oomblik gebruik die eienaar 820 ha vir homself wat binne ''n bestek van 6 maande beskikbaar sal wees en deur die suksesvolle huurder dan benut moet word.
Die veld is in ''n uitstekende toestand. Gemengde Karoo/grasveld met vlaktes, leegteveld, ranteveld en bergeveld.
Die uitleg van die plaas is van top formaat en beskik oor 21 groot kampe en 6 kleinerige kampies .
Al die weidingskampe beskik oor een, twee, of selfs drie veesuipings .
Infrastruktuur:
- Een groot skuur met steenmure en sinkdak.
- Goedbeplande kleinveekrale met drukgang en los laaibank. By huis in die middel van die plaas.
- Verskuifbare beeskrale.
- 4,1 ha land onder permanente besproeiing.
- Diptenk
- Skuurhuis met onderdakkrale, wolpers en wol bins.
- Twee sterk boorgate met Escom toegerus (een vir veesuipings en een vir veesuipings en besproeiing).
- Baie goeie heinings. Van die heinings is gesif.
- Goeie hekke
- Goeie paaie
- 2 x arbeiders (ken die plaas se suipings en infrastruktuur).
- Drakrag 14 ha per GVE.
- Reenval 350 mm per jaar.
Kleinfontein is geskik vir bees-, skaap- en bokboerdery. Baie doringleegtes en warm veld.
Min veesiektes. Het wel Karooverlammingsbosluis, ent vir bloutong en bloednier. Min inwendige parasiete.
Property details
- Listing number T4793825
- Property type Farm
- Listing date 18 Sep 2024
Property features
- Pet friendly