R 13 500
Deposit: R 13 500

3 Bed House in Franklin Roosevelt Park

15 Eugene Marais Street
3 2 4
Available From: 01 Sep 2024

1 Jaar Kontrak met jaarlikse hernuwing.

Privaat eiendom word deur eienaar verhuur.

Hierdie eiendom is geleë in Franklin Roosevelt Park. Dit is 'n klein en stil, maar pragtige en ordentlike buurt.

Dit word omring/ingesluit deur North Cliff (Noord), Linden (Oos), Mnt Gomery Park (Suid), East Town (Wes)

Volgens Google Maps:

Cresta-winkelsentrum 3.3 km.

Rosebank-winkelsentrum 6.9 km.

Universiteit van Johannesburg (Auckland Park Kingsway Kampus) 5.7 km.

Universiteit van die Witwatersrand 8.4 km.

Verskeie Afrikaanse / Engelse laer- en hoërskole in die omgewing.

3 Slaapkamer huis.

Kamers is groot en ruim.

Hoof-/meesterslaapkamer het 'n en suite badkamer (bad, stort, toilet).

Aparte gaste badkamer (bad alleenlik) & gaste toilet.

Verskeie vensters het hout- en aluminium blindings geïnstalleer so gordyne is slegs nodig vir 3 slaapkamers & leefkamer

1 Baie groot eetkamer & TV/Leefkamer

Kombuis het gasstoof geïnstalleer & baie kaste

Klein spens vir ekstra berging

Huis is onlangs binne & buite geverf

40 000 L swembad (pomp & creepy crawly werkend).

2 Wendy huise.

Aparte waskamer / was gebou met 2 kamers - wasmasjien ingesluit.

Krag opwekker beskikbaar, huurders verantwoordelik vir petrol.

Alarmstelsel met paniekknoppies ingesluit & Gewapende reaksie ingesluit (Suburban Crime Prevention - SCP).

Elektriese voorhek.

Diefwering rondom alle vensters.

Afdak agter geslote motorhuis vir 2 motors.

Skadunet parkering voor die huis.

Voorafbetaalde elektrisiteitsmeter.

Gewone watermeter.

Eiendom bevat 'n woonstel aan die voorkant van die huis wat reeds deur iemand gehuur word en daar sal bly huur. Die persoon maak gebruik van die was masjien fasiliteite aan die agterkant van die huis.

Woonstel het eie voorafbetaalde elektrisiteitsmeter geïnstalleer.

Additionele gemiddelde maandelikse kostes waarvoor die huurder verantwoordelik is sluit in swembad chloor - R550, water - R1800 & pickitup - R400. Krag beloop so gemiddeld R1500 / R1800 p / maand.

Besigtings kan gereel word volgens die beskikbaarheid van die huidige huurders.

Weens werk's omstandighede kan ek nie altyd oproep beantwoord nie, stuur asseblief email, sms of whatsapp boodskap.

Property details

  • Listing number RR791044
  • Property type House

Property features

  • Bedrooms 3
  • Bathrooms 2
  • Lounges 1
  • Dining Areas 1
  • Covered Parkings 4
  • Alarm
  • Built In Cupboards
  • Fenced
  • Laundry
  • Patio
  • Pool
  • Kitchen
  • Garden
  • Pantry
  • Family Tv Room
  • Paving
  • Fireplace
  • GuestToilet

Photo gallery

>