1151 ha Farm in Sutherland

1151 ha 150

Plaas is geleë in die Roggeveld, 20 km vanaf Sutherland op die Calvinia pad wat tans geteer word. 15 km van die pad is reeds geteer. Hoër reenval as ander dele.

Die plaas het 2 gronddamme: een is naby die huis met n mooi uitsig oor die huis, klipkrale windpomp en sement dam. Ander gronddam word as veesuiping in die veld gebruik.

Daar is 3 boorgate naby die huis. Boorgat met windpomp met tenk voorsien die huis met water, (54) meter diep. Boorgat naaste aan die huis is 31m diep. Boorgat by die pan is 19m diep wat sterk water het met n son pomp en goeie sement dam vir veesuiping. In reën seisoene dien pan ook vir veesuipings. Tuin/Lande kan weer gevestig word. Standhoudende fontein wat deur die droogte steeds water voorsien het.

Ongelooflike mooi klipbanke/plat klippe wat gebruik word vir bouwerk. Mense ry ver om hierdie besonderse klip te gebruik.

Die besonderse kliphuis wat in 1916 gebou is, skep ''n outydse gevoel met die mooi Oregon pine vloere, mooi Oregon pine plafonne en dit alles word bekoor met ''n soliede solder.

3 Netjiese kamers, groot Badkamer met n stort, oop sitkamer en eetkamer met ingeboude braai,ingangsportaal, kombuis met agterdeur en oudtydse spens(Vertrek is natuurlik koel).

Groot groente tuin naby die huis wat weer gevestig moet word.

Staal stoor van 40m2 wat jaarliks nog gebruik word vir skaapskeer.

Buitebraai by agterdeur.

Sneeuneerslag met sneeutye op jou voorstoep of geniet die sterre op oopgetrekte aande.

Hierdie prys is sonder BTW as ''n lopende saak.

Property details

  • Listing number T4497263
  • Property type Farm
  • Erf size 1151 ha
  • Floor size 150 m²

Property features

  • Security Post

Photo gallery

>