2 Bed House in Kraaibosch Park

29185 coral west
2 2 319 m² 169

Skakel nou vir besigtiging van hierdie nuut voltooide hoek huis in die gesogte Kraaibosch Park ontwikkeling.

Hierdie huis bied kaste vir Afrika en is waarskynlik een van die min geleenthede wat die man sy vrou sal hoor se - hier is mos nou GENOEG kaste.

Die huis bied bogemiddelde afwerking en die uitleg - ietwat anders as normaal bied ''n vloerplan waarby die kombuis effe afgeset is maar tog gemaklik toeganklik vanuit die ruim oopplan leef area.

Baie natuurlik lig en weereens klem op die feit dat daar heelwat meer as die normale hoeveelheid kaste in die huis gebou is.

''n Gemaklike buitelug braai area is ''n pluspunt - ons kultuur dikteer dat daar ''n braaiplek moet wees - met twee slaapkamers wat bedien word deur 2 badkamers.

''n Enkel motorhuis met ''n afdak maak steeds voorsiening vir 2 voertuie maar die bonus van die huis is die feit dat dit op ''n hoek gelee is en dus meer privaatheid toelaat as die norm binne die hoe digtheid ontwikkeling.

Cape Estates se portefielje is noemenswaardig en die trofee kas met suksesvolle ontwikkelinge stampvol - maak seker jy maak kontak sodat hierdie huis en ''n paar alternatiewe aangebied kan word.

''n Waardevolle belegging in ''n gesogte woonbuurt sonder risiko van lae koste behuising omliggend.

Lewensreg opsies met ''n stewige prys konsessie ook beskikbaar.

Property details

  • Listing number T4332255
  • Property type House
  • Erf size 319 m²
  • Floor size 169 m²
  • Rates and taxes R 1 600
  • Levies R 1 300

Property features

  • Bedrooms 2
  • Bathrooms 2
  • Lounges 1
  • Dining Areas 1
  • Garages 1
  • Pet Friendly
  • Patio
  • Security Post
  • Study

Photo gallery

>